Die Senwes Graan toepassing (App) is spesifiek ontwikkel om relevante graanmarkinligting te alle tye toeganklik te maak vir alle rolspelers in die Suid-Afrikaanse mark. Hierdie inligting sluit daaglikse markinligting vir graan en oliesade, finansile nuus, asook plaaslike en Internasionale weer- en renval-kaarte in. Lewendige JSE (SAFEX) pryse vir Witmielies, Geelmielies, VSA Corn, Sonneblom, Sojabone, Koring en Sorghum met eenvoudige, dog sinvolle prysgrafieke word teen geen koste beskikbaar gestel. Internasionale indeks-pryse vir Corn, Wheat en Soya, asook die mees relevante wisselkoerssyfers stel jou in staat om die verandering in hierdie waardes sedert die vorige marksluiting te beoordeel.Senwes Graan toepassing - Hou jou vinger op die pols van die graanmark!
PriceUSD0
LicenseFree
File Size10.6 MB
Version1.1
Operating System iOS
System RequirementsCompatible with: ipad2wifi, ipad23g, iphone4s, ipadthirdgen, ipadthirdgen4g, iphone5, ipodtouchfifthgen, ipadfourthgen, ipadfourthgen4g, ipadmini, ipadmini4g